top of page

Visvoete Grondwet

1. Die Visvoete Stapklub is deel van die Eko-bediening van NG Vishoek met vier bene, naamlik:

- Die Visvoete Stapklub,

- Die Bergskilpaaie Stapklub,

- Natuurbewaring vir die onderhoud van stappaadjies op Elsiespiek, en

- Omgewingsorg vir die opruiming van rommel op die spoorlyn tussen Vishoek- en Sunny Cove-stasies.


2. 'n Komitee van lede reël die klub se bedrywighede en gee terugvoer aan die kerkraad via die Gemeentebediening Kommissie.


3. Lidmaatskap is gratis, en elke persoon wat saam stap, is outomaties lid van die klub en onderhewig aan die grondwet van die klub.


4. Elke persoon neem self verantwoordelikheid vir hul deelname aan stappe en moet 'n vrywaringsvorm onderteken.


5. 'n Lys met die name van alle lede word bygehou vir kommunikasie.


6. Die stapprotokol geld op alle stappe. Sien addendum.


7. 'n Jaarlikse stapprogram, insluitend datums vir werk op Elsiespiek, word aan alle lede gestuur en is ook beskikbaar op die gemeente se webblad.


8. Besonderhede van dagstappe (datum, tyd, afstand, tydsduur, ens.) word twee weke voor die tyd op die gemeente aankondigings geplaas en aan al die lede deurgegee.


9. Op die dag van die stap kom die stappers op die aangewese plek en tyd byeen.


10. Die stapleier verwelkom die stappers, bespreek reëlings soos vervoer, en verseker dat elke stapper 'n vrywaringsvorm onderteken het.


11. Elke stap begin en eindig met 'n gebed. Stappers word aangemoedig om ‘n beurt te neem.


12. Minderjarige kinders kan saamstap as hulle vergesel is deur 'n ouer of voog wat volle verantwoordelikheid vir hulle aanvaar.


13. Waar honde toegelaat word, kan hulle ook saamstap met die nodige permit.


14. Alle multidag stappe/kampe word deur die komitee gereël. Waar lede 'n stap reël, sal hul gekoöpteer word vir die tydsduur daarvan.


15. Vir multidag staptogte en kampe stuur die komitee vroegtydig 'n uitnodiging en besonderhede aan lede vir hulle reaksie, en dit word ook op die gemeente aankondigings geplaas.


16. Stappers wat voor die afsnydatum laat weet dat hulle aan 'n stap/kamp wil deelneem, sal 'n WhatsApp-groep hê vir alle reëlings rondom die stap/kamp. Indien 'n stapper onttrek, moet dit dadelik aan die stapleier/kommitee meegedeel word.


17. Net die komitee mag met die stap venue kommunikeer. Stappers mag nie individueel met die stap venue kommunikeer nie.


18. Bedrae betaalbaar moet stiptelik voor die afsnydatum betaal word. Geen terugbetaling sal gedoen word nie. Gelde wat verbeur word, word deur die komitee gebruik vir volgende stappe.


19. Waar van toepassing, sal die prys van brandhout en ander kostes deur die komitee bepaal ingesluit word by die betaalbare bedrag.


20. Vervoer en kostes vir vervoer word self gereël tussen bestuurder en passasiers. Vervoer kan via die stap WhatsApp-groep fasiliteer word, maar die komitee is nie verantwoordelik vir vervoer nie.


21. Op multidag stappe/kampe word daar oggend en aand godsdiens gehou. Stappers word aangemoedig om ‘n beurt te neem.


22. Besonderhede en foto’s word op die Visvoete webwerf geplaas.


23. Klagtes/probleme met stapreëlings/stappe of enigiets anders moet aan die kerkkantoor gerig word.

 

Addendum


Visvoete Stapprotokol


Die Visvoete is die stapklub van NG Kerk Vishoek.
Wanneer ons as Visvoete stap, kamp en die natuur geniet, verteenwoordig ons die NG Kerk Vishoek en is ons ligdraers van Christus.


Wanneer ons stap:


• Begin en eindig die stap met gebed
• Geniet ons die natuur en samesyn met mede gelowiges
• Beskadig ons nie die natuur nie
• Hou ons by die paadjies
• Laat ons niks agter nie. Nie eens vrugteskille soos piesangskille en eierdoppe nie. En los ook nie toiletpapier onder ‘n klip nie.
• Dra elke stapper eie medikasie en detail van mediese skema saam.
• Word elke stapper aangemoedig om 'n fluitjie en basiese eerstehulp items saam te dra.
• Stap ons in ‘n groep en is onderhewig aan die besluite van die stapleier.
• Stap ons met ‘n stapleier voor en ‘n besem agter.
• Wanneer jy nie iemand voor of agter jou kan sien nie, stop jy die groep sodat almal weer kan opvang.
• Wanneer iemand ‘n tydjie nodig het vir ‘n veldtie, moet ander daarvan weet.
• As 'n lid van die groep sukkel, beseer raak, of agter raak, is dit die verantwoordelikheid van die hele groep om hulp en ondersteuning te bied. Dit sluit in om te stop, die situasie te assesseer, en die nodige hulp te verleen. Dit kan beteken dat die hele groep se tempo aangepas moet word, of 'n klein groepie agterbly met die lid wat sukkel terwyl die res hulp gaan soek.
• Wanneer omdraai en/of afdraai genoodsaak is, word dit ooreengekom met die stapleier. En die wegbreek groep bevestig ‘n nuwe stapleier.


Januarie 2025

© 2018 Visvoete Stapklub van NG Kerk Vishoek

bottom of page